Imhotep

Imhotep
M18mR4
t p
Egiptiese god
’n Beeldjie van Imhotep in die Louvre.
’n Beeldjie van Imhotep in die Louvre.
Hoëpriester, argitek, veelweter, dokter
Gebore Omstreeks 2650 v.C.
Oorlede Omstreeks 2600 v.C.
Monumente Grafkelder van Imhotep
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Imhotep (ook gespel Immutef, Im-hotep en Ii-em-Hotep, en bekend onder die Hellenistiese naam Imuthes; omstreeks 2650–2600 v.C.) was ’n raadgewer van die Egiptiese farao Djoser, ’n argitek,[1] ingenieur[2] en dokter,[3] asook ’n hoëpriester van die gode Ptah en Ra.

Hy was een van baie min gewone burgers wat ná sy dood goddelike status verkry het. Die ligging van sy selfgeboude grafkelder was van die begin af ’n geheim en is steeds onbekend, ondanks talle pogings om dit te soek.[4] Daar word geglo dit is iewers by Saqqara versteek. Een van sy talle prestasies was dat hy die Piramide van Djoser ontwerp het. Hy was ook betrokke by die bou die piramide van sy opvolger, Sechemchet, maar werk aan laasgenoemde is gestaak ná die farao se kort bewind.[5]

  1. Imhotep (Egyptian architect, physician, and statesman) – Encyclopedia Britannica
  2. "What is Civil Engineering: Imhotep". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2008. Besoek op 26 Julie 2014.
  3. William Osler, The Evolution of Modern Medicine, Kessinger Publishing 2004, p.12
  4. The Harper's Lay, ca. 2000 v.C.
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Malek

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search